Na 'n stilte van drie jaar het ons, na baie versoeke, besluit om weer met Die Weg se dagstukkies voort te gaan. As gevolg van kostes, sal daar egter 'n paar veranderings wees.
Die webwerf www.dieweg.co.za, sowel as die verspreidingslyste, word nou gesluit en geen dagstukkies sal per epos uitgestuur word nie. In die plek daarvan sal X (voorheen bekend as Twitter) gebruik word. Die dagstukkies word op X versprei. Al wat jy hoef te doen is om die X toepassing (X App) vanaf die Google Play stoor (vir Android) of vanaf Iphone se App stoor (vir IOS) af te laai. Teken dan in op X (dit is gratis). Soek vervolgens na “Die Weg” of “@Lukasdupreez”. Jy sal al die boodskappe sien in die volgorde waarin dit geplaas is. Klik dan op “follow”.
X is ook gewoon op die Internet beskikbaar by X.com. Die skakel na die boodskappe is https://x.com/Lukasdupreez.
Laat weet gerus as jy enige probleme ondervind. Enige kommentaar is ook welkom. Stuur 'n WhatsApp boodskap na 063 819 9930.
Groete in Christus,
Lukas du Preez