Die Weg

 

Jou voornemens teenoor God se wil

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” - Spreuke 3:6.
Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas”  - Spreuke 19:21.

‘n Mens maak baie planne en dink vooraf wat jy in bepaalde omstandighede sal sê of sal doen. Dit berus egter by die Here wat die uitkoms daarvan sal wees, of 'n mens seën daarop sal ontvang of nie. Daarom mag niemand iets sê of doen, of op sy eie planne vertrou, sonder om eers te besin of dit volgens die wil van die Here is nie, anders mag hy te laat agterkom dat al sy planne, woorde en dade tevergeefs was, en hy homself op ‘n dwaalweg bevind.

Eers wanneer ‘n mens die swakheid van sy eie menslike oorwegings leer ken, sal hy nie in die waan leef dat sy eie weg regverdig en reg is nie. Dan sal hy leer om sy hart en hande in die hand van die Here te plaas, sodat die Here hom sal lei volgens Sy wil en na Sy welbehae.

Plaas dus jou hart en jou hande in die hand van die Here, vertrou op Hom en laat jou planne, woorde en dade wees volgens Sy wil. As jy op die Here vertrou en vra na Sy wil, sal Hy jou lei volgens Sy besluit sodat jy nie teleurgestel sal word en verneder voor die wêreld sal staan nie. As dit jou uitgangspunt is, sal jy seën op jou voornemens en planne ontvang, want wat die Here besluit, bly ewig vas (Spreuke 19:21).

CH von Bogatzky (1718)

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css