Die Weg

 

God bly getrou in alle omstandighede

"Kom ons te hulp! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Moet ons nie vir altyd verstoot nie!" Psalm 44:24.

Waarom slaap U, Here?” roep die psalmdigter uit. Soms ervaar ons dit ook so. Daar kom tye van die aanslae van die Bose, vyandigheid van mense of soortgelyke baie moeilike situasies wanneer ‘n mens van God verlate voel.

Hierdie Psalm is geskryf toe die God van die verlede nie in die hede opgetree het soos van Hom vertel is nie. “Tog het U ons nou verstoot en ons in die skande laat kom. U trek nie meer saam met ons leërs uit nie” (Psalm 44:10). Waarom dan? Ons het nie ons rug op U gedraai nie. U was dan altyd getrou. Kom ons te hulp, Here!

Treffend dat die digter ten spyte van sy waarom op God bly vertrou. Hy verstaan nie, maar tog verwerp hy nie sy Here nie. Hy hou aan om na Hom te roep, want dit is net Hy wat uitkoms kan gee!

Die Here maak hier twee baie belangrike dinge aan ons bekend:

Wanneer ons dan in tye van onsekerheid of aanvegtinge bid, laat ons soos volg vra: “Kom ons tog te hulp en bevry ons, dat so u troue liefde blyk.” (Ps 44:27). Twyfel nooit oor God se troue liefde nie!

Dr Callie Opperman (Deo Gloria Kuberbrief)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css