Die Weg

 

Soos ligte in die wêreld (2)

“..sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld” – Filippense 2:15 OAV.

Wat ons tot nadenke moet stem, is dat Paulus sê dat die gemeente van Christus hom midde-in ‘n krom en verdraaide geslag bevind en wesenlik verwant is daaraan.  Ja, nou is julle lig, maar sê Paulus op ‘n ander plek, moenie vergeet nie: “vroeër was julle duisternis” (Ef 5:8).

Die krom en verdraaide geslag is ons eie geslag. Hulle kan ons vriende, ons ouers, ons broers en susters, ons kinders, ons bure en ons kollega’s wees. Hulle deel ons lewe en ons lot.  Ons sit langs hulle op die skoolbanke. Ons werk saam met hulle in ons werksplek. Ons deel ‘n bed. Ons is elke dag saam met mekaar, midde-in die lewe.

Wanneer jy die lig van Christus ontvang het, verander dit niks aan jou plek in die wêreld nie.  Inteendeel, dit dryf jou juis na die middelpunt van die lewe. Ons is nie mense wat ewe skielik afgesluit is van die wêreld nie. Jesus sê: "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie" (Joh 17:15). En sê Hy verder: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in” (Mat 10:6). Dus is daar gaan afsondering of isolasie nie.  Ons is midde-op die speelveld van die lewe, geen toeskouer van die kantlyn af nie! 

So maklik kom ons nie van ons verantwoordelikheid weg nie! Daar is baie Christene wat graag met ‘n boekie in ‘n hoekie wil wegkruip – wat meen dat die kerk (gemeenskap van die gelowiges) buite die speelveld van die lewe staan.  Maar Paulus dink anders daaroor. Paulus plaas ons in midde-in alles. Sout is nie bedoel om in die soutpotjie te bly nie, maar dit moet deur die kos geroer word om smaak daaraan te gee (Mat 5:13). Die lig is nie daar om onder ‘n maatemmer weggesteek te word nie, maar om in die middel van die vertrek geplaas te word tot seën en vreugde van almal wat in die huis is (Mat 5:15).

In die middel van ........”

Uit: “De Stem achter U” deur Ds Gabe van Duinen.

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css