Die Weg

 

Juig, want jy is uitverkies

Juig voor die HERE, o ganse aarde! Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel”  - Ps.100:1-2.

Voor die deure van die tempel in Jerusalem staan mense en wag. Die deure word oopgemaak en hierdie mense word feestelik verwelkom. Dit is die begin van ‘n vrolike diens tot eer van God. Watter rede het hulle om God te dank? Want Hy het Israel tot sy volk gemaak, sê die Psalm. Hy het ons uitverkies.

Waarom loof ons God? Omdat ons gesond is? Omdat dit finansieel goed gaan met ons? Ja, daarom ook. Maar ons moet nie net vir God dank wanneer ons geen bekommernisse in die lewe het nie. Die ander dae, die dae van swaarkry en moedeloosheid is ook deel van ons lewe.  Ons loof God omdat Hy ons tel onder hulle wat Hy liefhet. En dit is meer as die geluk van ‘n mooi dag. Dit dra ons verder en gee ons ‘n houvas op die lewe.

Daarom trek almal saam en vier gesamentlik ‘n feestelike en vreugdevolle erediens - die onbesorgdes en die besorgdes, die wat gelukkig is en die wat ongelukkig is – want die Here het ons gekies. Gesamentlik word ons gedra deur ons lof aan God.

Sieghard Klimkait (Neukirchener Kalender 2011)

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css