Die Weg

 

U ken die weg vir my

O Here, ek roep na U aan die begin van hierdie dag.
Help my bid en vestig my gedagtes op U,
want uit myself kan ek dit nie.

In my is net donkerte, maar by U is die lig;
ek is eensaam, maar U verlaat my nie;
ek is bang, maar by U vind ek hulp;
in my is daar onrus, maar by U is vrede;
in my is daar bitterheid, maar by U is lankmoedigheid;
ek verstaan U weë nie, maar U ken die weg vir my.

Vader in die hemel,
Aan U die lof en dank vir die rus van die nag.
Aan U die lof en dank vir 'n nuwe dag.
Aan U die lof en dank vir al U goedheid en trou
in die lewe wat agter my lê.
U het vir my soveel goedheid betoon,
laat my ook die swaar verduur.
U sal nie méér op my plaas
as wat ek kan dra nie.
U laat alles ten goede meewerk
vir U kinders.
Wat hierdie dag ook al mag bring -
ek eer U Naam.

Dietrich Bonhoeffer (1905 – 1945)
(Geskryf in 'n Duitse konsentrasiekamp – Hy is op 9 April 1945 tereggestel)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css