Die Weg

 

Moenie hoop opgee nie!

“En in die sewe en dertigste jaar van die ballingskap van Jójagin, die koning van Juda, in die twaalfde maand, op die sewe en twintigste van die maand, het Evil-Meródag, die koning van Babel, in die jaar van sy troonsbestyging, Jójagin, die koning van Juda, uit die gevangenis verhef.” - 2 Konings 25:27 OAV.

Só eindig die geskiedenis van die konings van Juda. Ná alles wat met die volk Juda en sy konings gebeur het, ná die straf wat hulle ontvang het, sien ons tog weer hoe God se genade na vore kom. Jójagin, die onttroonde koning van Juda word teen alle verwagtinge in begenadig. Hy was maar 18 jaar oud, en drie maande lank koning, toe hy na Babel weggevoer is. Vir sewe en dertig jaar was hy 'n gevangene en deur die wêreld vergeet. 'n Lewe in die skaduwee van die dood, nutteloos en sonder hoop. Maar nou word hierdie skadu-koning 'n simbool van hoop vir almal wat in Babel aangehou is. Watter groot genade is dit nie! 'n Tragiese lewensgeskiedenis vorm deel van God se heilsgeskiedenis. 'n Stukkende lewe kry nuwe betekenis.

Hierdie geskiedenis is bedoel vir almal wat self in die donker sit en vasgevang is in lyding, wat geen sin of betekenis in die lewe sien nie. Waarom sê jy: alles is verby, daar is geen hoop nie? Het jy vergeet? God se "barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut.” Sy trou is groot. (Klaagl 3:22-23). Jy kan jou vertroue op Hom stel - in alle omstandighede.  

Hou moed! Gee jou hoop op God nie op nie!

“Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.”  (1 Pet 1:18-19 NAV).

Irmgard Weth (Neukirchener Kalender)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css