Die Weg

 

Is vandag dié dag?

Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld.” - Matteus 26:27.

Die Griekse woord, apokalupsis, dra die betekenis van onthulling, die ontsluiering van iemand wat versteek was. Die Persoon van Christus kan nog nie gesien word nie, hoewel Hy deur die Heilige Gees in ons hart teenwoordig is. Vandag is die dag van geloof, maar die dag van sy wederkoms sal dit nie meer geloof wees nie, maar aanskoue.

Sy eerste koms het stil verloop - daar was net die skaapwagters, die ster en die krip. By sy tweede koms sal Hy vergesel wees van sy glansende leërskare uit die hemel, in staat om elke situasie te hanteer en die vyande van God te verslaan totdat Hy die hele aarde aan Hom onderwerp het.

Geen Christen het dus rede om hande-wringend rond te loop en te wonder wat ons moet doen aan die huidige wêreldsituasie nie. Die Skrif sê dat ons mekaar te midde van vervolging, verwarring, oorloë en gerugte van oorloë moet vertroos met die wete dat Christus gaan kom in oorwinning, heerlikheid en majesteit.

Baie aande as ek gaan slaap, dink ek dat Christus dalk sal kom voor ek wakker word. Soms as ek opstaan en na die dagbreek kyk, dink ek dat Hy dalk daardie dag sal kom.

Die Bybel leer dat Jesus Christus se koms skielik, onverwags en dramaties gaan wees. Dit sal as 'n verrassing kom en die meeste mense onverhoeds vang. “Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos 'n dief in die nag” (I Tess. 5:2).

Gebed: Ons Vader en ons God, help my om gereed te wees wanneer U in u heerlikheid kom. Bewaar my van die vurige oordeel wat .U gaan bring oor die bose mense van hierdie wêreld Kyk na my deur die reinigende bloed van Jesus, wat gesterf het om my van die dood te red, en bewaar my in sy Iiefde. Amen.

Uit: “Na hoër hoogtes” deur Billy Graham - Met die vriendelike toestemming van die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css