Die Weg

 

Geen leë beloftes by die Here

My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.” - Psalm 119:123 (53-vertaling).

Alle mense het 'n begeerte na 'n geluksalige lewe. Want daar is soveel gebreke in ons samelewing, dalk ook in ons eie lewens. Ons sien of beleef self die krake in persoonlike verhoudings. Korrupsie en die najaag van persoonlike gewin vergiftig die werksomgewing. Bekommernisse oor geld versteur ons slaap en laat ons wakker lê. Onverwerkte skuldgevoelens wek spanning in ons op. Daarom verlang ons na 'n gelukkiger, bevryde lewe. En dit is juis hierdie verlange van ons wat weer deur ander vir hulle eie voordeel uitgebuit word. Advertensie-slagspreuke speel met ons verlange en die politici gebruik dit in hul leë beloftes om stemme te wen. En as ons nie waaksaam is nie, is ons weerloos daarteen.

Maar die digter van Psalm 119 laat hom nie maklik met slenters en leë beloftes vang nie. Hy soek na 'n dieper, versekerde bron van heil. Dít vind hy by God: “U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. U trou is van geslag tot geslag” (Ps 119:89; 83-vertaling). En om hierdie trou te bevestig het Jesus Christus mens geword. Hý is God se genesende teenwoordigheid. Hý is ons bevryding. Hy troos ons, help ons en dra ons deur die lewe. Sy liefde genees ons harte sodat ons saam met Dawid kan sê: “Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak.” (Ps 4:9).

Sal ek my ook deur menslike slenters laat vang? Waar moet ek my geluksaligheid gaan soek? Wie Jesus gevind het, het God se heil gevind!

Uit: Neukirchener Kalender 2012 (verwerk).
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css