Die Weg

 

'n Krag, meer as net woorde

Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U. U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos 'n skild. - Psalm 5:12-13.

Die redding wat U gebring het, was vir my 'n beskerming, u regterhand het my ondersteun, deur u hulp het ek sterk geword. - Psalm 18:36.

Die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag. - 1 Korintiërs 4:20 (53-vert.).

Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. - 2 Korintiërs 10:4.

-dw-

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css