Die Weg

 

As pelgrims onderweg

Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.” - Psalm 121:5 (53-vertaling).

Deur die nag van stryd en sorge,
beur die stoet van pelgrims voort,
vol verlange na die môre,
na die hemel waar hul hoort.
(Nederlandse gesang)

Die nag en dag in hierdie lied spreek my aan. Alhoewel ek van hierdie lewe geniet, en mag geniet, is daar ook baie donker oomblikke. Soos wat die nag en dag mekaar afwissel, so is ook die lewe. Dit kan nie net altyd lig wees nie. Ongetwyfeld kom die donker tye ook.

Wat gee dan vir my hoop in die lewe? Die eerste is dat na elke donker nag, daar altyd weer 'n nuwe dag kom. En die tweede dat ek 'n pelgrim is. Ek is geen toeris wat net ronddwaal nie. Ek volg die roete wat God my aanwys om te gaan. As die weg dan moeilik is en as ek as pelgrim voel dat ek nie verder kan nie, dan dink ek aan Psalm 121. Een van die vele pelgrimsliedere in die Bybel. Daar staan: “Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.” Jou regterkant is ook jou swakste kant, die kant waar jy jou nie maklik kan verdedig nie. ('n Soldaat het sy skild in sy linkerhand gedra). As jy jouself nie kan verdedig nie, is Hy daar. As jyself nie meer verder kan nie, is Hy daar.

Die lewe: 'n reis; van begin tot einde nie eenvoudig nie. Maar laat ons die perspektief behou. Ons is pelgrims onderweg. En na die nag kom vas en seker weer die dag!

Ds Arie van der Veer (Nederland Zingt Meditatie)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css