Die Weg

 

Hoe sal ons tog lewe?

Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. - Psalm 25:12-14 (53-vertaling).

As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak sy verbond aan hulle bekend.- Psalm 25:12-14 (83-vertaling).

Hoe sal ons tog lewe? Dit is die groot vraag waarmee ons daagliks te doen kry; waarmee ons daagliks te doen moet kry, want daar is helaas baie mense wat hulle slegs besig hou met die vrae: wat sal ons eet, wat sal ons drink en wat sal ons aantrek (Matt 6:31), of hoe kan ons vooruit kom in die lewe en invloedryk wees? Hierdie vrae is heel anders as die beslissende vraag: hoe sal ek tog LEWE?

Die lewe is meer as die voedsel, sê Jesus. Dit is ook meer as asemhaal, beweeg, praat en die suksesse van die wêreld. Die lewe is 'n geheim. En hierdie geheim kan alleen ontrafel word as ons in verbinding staan met die Lewende, by die fontein van die lewe. Daarom is daar ook geen lewe as dié in Christus nie. Daar is geen lewe buiten dié in God se verbond nie. Daar is geen lewe as deur versoening nie. En geen lewe as deur die weg van die geloof, of wat die Skrif noem: lewe in die vrees van die Here nie.

Dit is dan die tema vir die volgende drie dae. Wat beteken dit om in die vrees van die Here te lewe:

1. Hoe kies ons die weg, of word dit vir ons gekies?
2. Wat is voorspoed en hoe geniet ons dit?
3. Wat is die verborgenheid van God, en hoe maak Hy dit aan ons bekend?

Hieruit sal ons sien hoe dit die drie fasette is wat inhoud aan ons lewe gee.

Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.” - Spreuke 9:10 (53-vertaling).

 (Word vervolg)

Uit: De zege is hem beschoren deur ds Dirk Sikkel
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css