Die Weg

 

Wie klop daar? (1)

Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. ” - Jesaja 42:20.

Jy slenter voort langs jou lewensweg. Of hardloop jy? Miskien lê jy ook êrens langs die pad – omgery (figuurlik gesproke). Mense word soms deur die lewe omgery – beland onder die wiele van die lewe. Maak nie saak hoe nie, een of ander tyd sal die Here met jou praat.

Die Here soek jou al so lank, maar Hy kon jou nooit in die hande kry nie. Jy was altyd in gesprek met iemand anders. Jy het Hom nooit toegelaat om tussenbeide te kom nie. Hy het dalk net tussen die klante in jou oorvol winkel gestaan. Maar ... Hy het nooit 'n beurt gekry nie. Jou klante het altyd voorkeur geniet.....

En nou lê jy in die hospitaal. Dis die aand voor jou groot operasie. Jou winkel staan leeg. Daar is geen klante meer nie. Jou vrou het met rooigehuilde oë van jou afskeid geneem. Nou lê jy alleen.... Daar is niemand by jou nie.

Wie loop daar so laat in die stille, halfverligte gange? Wie maak jou deur oop waarop daar staan: “Moenie steur nie. Geen toegang!” Dit is die Here. Hy kom jou kamer ongevraagd binne vir 'n gesprek, 'n gesprek om lewe en dood. Die gesprek tussen God en mens.

Daar kan geen misverstand daaroor wees nie. Van ons kant kom ons nooit in gesprek met God nie. Van nature het die mens geen behoefte daaraan om met God in gesprek te tree nie. Van die begin af was dit God wat eerste toenadering gesoek het. Die mens het God nie opgesoek nie, God het die mens opgesoek. Dis Hy wat roep: “Waar is jy” (Gen 3:9). God roep die mens terug tot gesprek, op watter manier ook al. Die gesprek tussen God en mens begin van bo-af. God knoop dit aan.

(word vervolg).

Uit: Gesprekken met God deur ds Gabe van Duinen.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css