Die Weg

 

Wanneer ons geen raad meer weet nie

“Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig staan.” - Psalm 62:5-6.

'n Mens bevind jou somtyds in 'n posisie waar alles menslik moontlik gedoen is om uit 'n benarde of lewensbedreigende situasie te kom. Dan sê ons, en partykeer sommer oppervlakkig: “die enigste wat nou nog sal help is om te bid”. Niemand wil graag in só 'n situasie beland waar jy niks méér kan doen nie, geen oplossing kan vind óf geen uitweg kan sien nie. Hoe reageer mense dan? Die een sal sy nood uitskree, die ander sal uit verslaenheid terugtrek in homself, ander sal hulle beroep op invloedryke mense (v 10), nog ander sal met geweld uiting gee aan hulle frustrasies en hoop om sodoende 'n oorhand oor die situasie te verkry (v 11).

Die psalmdigter, daarenteen, raak stil en bid tot God. Hy weet: God se mag is groter as ons nood. Hy sal vir ons die weg aanwys wanneer ons self nie meer weet hoe om voort te gaan nie. As Jesus ons leer bid, dan sê Hy: “Laat u wil geskied”. Hy wys vir ons dat ons nie aan God kan voorskryf hoe en wanneer Hy moet optree nie. Soms gee Hy onmiddellike uitkoms, maar soms neem Hy ons op 'n weg deur lyding en dood. Maar ons moet alles aan Hom toevertrou. Hy is ons rots en ons veilige vesting, sodat ons stewig kan bly staan.

P Wolfgang Sickinger in Neukirchener Kalender 2017
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css