Die Weg

 

'n Seën vir ons bedreigde wêreld

Mag God ons genadig wees en ons seën,
mag Hy tot ons redding verskyn,
sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,
sy reddende krag onder alle nasies.
Mag die volke U loof, o God,
mag al die volke U loof!
Mag die nasies bly wees en jubel
omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei.

- Psalm 67:2-5.

So mag daar ook van ons,
in die Naam van die vrede wat uit God is,
geseënd wees: 
mense van alle volke en rasse,
mense van alle lande.

Mag geseënd wees: hemel en aarde,
wolf en lam, valk en duif.
Mag geseënd wees: vriend en vyand,
sodat ons almal kan word: broers en susters.

Mag geseënd wees: swart, bruin en wit,
mense van ooste en weste,
sodat daar vrede kan wees
en vriendskap; nou en vir altyd.

God seën julle,
en julle moet 'n seën wees
vir hierdie bedreigde wêreld
en die mense van hierdie aarde.

Mag die vrede van God met julle bly
en met alle mense.

Jörg Zink: Gottesgedanken - Vom inneren Weg eines Christen
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css