Die Weg

 

Gebed om genesing

Ons dink aan:
die verbitterdes en onbarmhartiges;
húlle wat haat versprei en tweedrag saai;
wat die nuus verdraai en misdade verberg;
wat lewe van leuens,
van afpersing en bedrog;
wat hulle nie aan sedes laat bind nie;
wat die nood van mense vir eie gewin uitbuit;
die koppelaar en dwelmhandelaar.
En aan alle siekes in ons samelewing;
hulle wat deur ander mense seergemaak en geskend is.

Ons bid vir almal
wat mekaar vergeet
verstoot en veroordeel.
Ons bid U:
Neem U ons liefdeloosheid en
en ons eiegeregtigheid op U.

Genees ons almal aan ons liggaam,
ons siel en ons gees,
sodat ons mense sal word,
wat gelykvormig is aan U, die groot Geneesheer. 

Jörg Zink: In dir sein, Gott, ist alles. Gebete
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css