Die Weg

 

Die Here is my herder

U sorg vir my, O Here.
Waarom bekommer ek my so?
Wat 'n herder is vir sy skape,
is U vir my, my Vader.

Groen velde is my weiding,
vars water ontspring vir my
waar U my ook al lei.
U gee my 'n volle lewe en krag.

Ek kan nie verdwaal nie
want U is dit wat my lei.
En as ek my bevind in die dal van die dood,
loop ek dié weg in vrede.

Wanneer die ligte verdof,
wanneer ek eensaam is en verlate,
wanneer ek vrees vir dit
wat na my aankom,

en wanneer ek skuldig staan voor U, Here,
en u hand nie vind nie,
is ek tog nie verlate,
want U is met my.

U maak my siel weer rein
en klee my feestelik.
Ek is 'n gas in u huis,
meer nog: u vriend en u kind.

U berei 'n tafel vir my
en sê: kom en eet!
U reik die beker uit na my
en sê: neem en drink.

U gee vrede en vreugde.
Wat kan ek U daarvoor bied?
Ek kan U met niks anders dank nie,
as om te neem wat U my bied.

Met goedheid en liefde
omhul U my
solank as wat ek lewe,
en ek het 'n woonplek in u huis
vir tyd en ewigheid.

Jörg Zink. Na aanleiding van Psalm 23 (In dir sein, Gott, ist alles. Gebete)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css