Die Weg

 

Hemelse heerlikheid

(Aanvullend tot die vorige boodskap)

Ons dank U, Here, vir die lig wat ons tegemoet gaan;
vir die glansende heerlikheid wat ons reeds uit die verte kan sien blink
en die versekerde wete dat die graf nie die einde van 'n moeitevolle lewe is nie.

In beproewinge en smarte is ons getroos,
want ons weet dat U ook môre, en elke komende dag,
dieselfde sal wees as wat U ook vandag vir ons is,
want U sê: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Jos 1:5)
Deur die geloof sal ons al meer toeneem in kennis van U,
ons sal U met verhelderde oë sien
en elke nuwe dag ook nuwe genade uit U volheid ontvang.

Ons verheug ons hierin, Here, dat ons geen vrees meer hoef te hê nie,
omdat elke nuwe dag stralender sal wees as die vorige 
want ons kom elke dag een tree nader aan die ewige Lig.
Ons loof en prys U Naam, o Here, ons Saligmaker, vir hierdie hoop
wat nooit sal beskaam nie.

Amen.

In het heiligdom: Dr JH Gunning J Hz (1858 – 1940).
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css