Die Weg

 

Elkeen volgens die genadegawes wat hy ontvang het

Toe Petrus hom dan sien, vra Petrus vir Jesus: “Here, en wat van hom?” Jesus antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy in die lewe moet bly totdat Ek weer kom, is dit nie jou saak nie. Volg jy My!” - Johannes 21:21-22.

Aan die einde van die Evangelie van Johannes lees ons van twee dissipels: Petrus en “die dissipel wat Jesus liefgehad het”. Elkeen van hulle het 'n spesiale missie vir hul lewens ontvang: Petrus as herder van Christus se Kerk en die ander as getuie van Jesus se woorde en dade. Beide van hulle sou hul eie besonderse weg met Jesus loop. Tóg wou Petrus weet watter weg die ander sal loop. Was dit uit eerlike belangstelling, nuuskierigheid, of was daar 'n mate van afguns te bespeur?

Hoe dikwels loop ons nie die gevaar om skeef te kyk na die spesiale roepings van, óf seëninge in die lewens van ander Christene nie. Hoe maklik vergeet ons die persoonlike roeping waarmee Christus ons geroep het: “Volg My!” Dit is: “Volg My op die pad wat Ek vir jou sal wys.”

Jesus sê vir Petrus dat hy sy aandag net moet vestig op sy eie pad, dit is die pad wat Hy vir hom sou aanwys. En dit is ook die boodskap vir ons vandag. As ons in 'n intieme verhouding met Christus verkeer, sal Hy vir elkeen van ons die pad aanwys volgens die genadegawes wat Hy aan ons gegee het (vgl 1 Kor 12:28). Ons hoef dan nie te kyk of 'n oordeel te vel oor hoe ander hulle paaie saam met Christus loop nie.

Elkeen van ons se roeping verskil van dié van 'n ander, en elkeen se lydingsweg is verskillend, maar wéét dat dit dieselfde Here is wat ons elkeen lei. As ons dan hierdie weg volg, hoef ons ons nie te bekommer waarlangs dit sal loop of waar dit sal eindig nie, want ons sal nooit alleen gelaat word op die pad wat Hy vir ons aandui nie.

Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.” ( 1 Kor 7:20; 53 vertaling).

Dr Gerhard Harkam in Neukirchener Kalender 2018 (effens aangepas)
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css