Die Weg

 

'n Skuilplek waar daar lig is

Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die lig. - Psalm 36:10.

Ons sien in Psalm 36 twee soorte mense, dié sonder God en dié wat hulle skuilplek by God gevind het. Die digter bekla eers die mens wat in die verskriklike donker mag van die sonde vasgevang is. Hy skilder vir ons 'n beeld van die goddelose mens wat onreg en haat versprei (v 2-5). Dié wat nie na die wil van God vra nie word deur ander magte in besit geneem.

Maar dan volg daar 'n jubelende belydenis van God se goedheid en die vreugde om skuilplek by Hom te vind, want Hy is die bron van lewe. By Hom is daar liefde, trou en geregtigheid. Hy gee vir ons lig op ons lewenspad.

Watter groot genade het ons nie deur Jesus Christus ontvang nie! Watter geweldig troos is dit dat Christus sy lewe afgelê het sodat ek God my Vader kan noem. Ek het 'n skuilplek by Hom teen die aanslae van die wêreld: as my vyande op my afstorm, as hulle my wil breek en my dood soek. En ek kan na Hom toe gaan wanneer alles te veel word vir my: al my teleurstellings, my mislukkings, my nederlae en my skuld.

Lyk dit asof alles donker word om jou? Kyk dan op na God. By Hom is daar lig en in sy lig sal jy self weer lig sien.

Gertrud-Maria Reichow in Neukirchener Kalender 2018

 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css