Die Weg

 

Met dankbaarheid die toekoms tegemoet

“Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.“ - Psalm 73:28 (53-vertaling).

Die vertroue wat in vers 28 uitgespreek word, sien ons nie aan die begin van die Psalm nie. As ons die Psalm begin lees, lyk dit asof die digter hom in 'n baie slegte situasie bevind. Elke nuwe dag is vir hom 'n stryd. Ons weet nie wat sy lewenskrisis is of wat dit veroorsaak het nie. Dit is egter duidelik dat hy homself vergelyk met ander mense met wie dit baie goed gaan. Sy gedagtes is 'n doolhof van klagtes en vrae: waarom moet ek ly terwyl die goddelose mense 'n plek in die son het? Dit maak hom siek dat hy geen antwoord daarop kan vind nie.

Eers as hy ophou om te kla en vrae te vra, ophou om homself met ander te vergelyk, en dan op te kyk na God, kom hy tot rus. Ineens tref dit hom: goddeloosheid eindig altyd in chaos, maar verbondenheid met God gee rus. Sy klaaglied eindig in 'n triomf. Hy weet nou waar hy sy vreugde vind: hy kan aan God vashou, want God vat hom aan die hand. Hy kan die toekoms met vertroue onder God se leiding en heerskappy tegemoetgaan. En hy is dankbaar om die goeie te sien wat God doen. Daarom wil hy ook aan ander mense vertel dat dit hulle sal loon om daagliks met God te lewe.

Uit: Neukirchener Kalender 2004.
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css