Die Weg

 

Om dinge teen die agtergrond van ewigheidswaardes te sien

Hoe jy teenoor jou omstandighede reageer, sal afhang van die agtergrond waarteen jy dit beskou. As jy alles wat met jou gebeur teen die agtergrond van die ewigheid sien, sal jy 'n goeie perspektief op die lewe kry. Maar as jy na dié dinge binne die kleiner raamwerk van tyd kyk, sal die beeld wat jy kry beslis uit fokus wees.

Twee mense stry met mekaar; die een is jonk en gesond, die ander een weet dat hy nie lank meer sal leef nie. Watter een van dié twee sal heel moontlik 'n grootmoedige standpunt inneem? Die antwoord is voor die hand liggend. As jy naby aan die werklikheid van die ewige dinge kom, val die wêreldse aangeleenthede vir jou in hul regte perspektief. Maar as hierdie wêreld en sy dinge vir jou meer belangrik is, sal jy geneig wees om jou probleme voorop in jou lewe te stel en sal jy berge maak van wat eintlik net molshope is. As jy altyd in gedagte hou dat die lewe van verbygaande aard is, sal jy nie te veel waarde heg aan dié dinge wat jou irriteer nie, want jy sal alle dinge in hul ware lig sien teen die agtergrond van ewigheidswaardes. As jy ook uit hierdie hoek na mense kyk, sal jy hulle nooit verafgod nie. Jy sal nie van hulle reuse maak omdat hulle 'n invloed op jou het nie.

So sal ons almal tot geloofseenheid kom, tot kennis van die Seun van God, tot volwassenheid en tot die volgroeide gestalte van die volheid van Christus” - Efesiërs 4:13 (direkte-vertaling).

Patience Strong: The Kingdom Within
 

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css