Die Weg

 

Nie in eie krag nie

". . . want Ek gee die stad in jou mag oor”. Josua 8:18.

Miskien vind ons die belangrikste rede vir gister se boodskap eers in vandag se Skriflesing. Omdat wat 'n mens regkry in die lewe, nie net op jou eie insette in die lewe berus nie, is my een mislukking nie die einde van die lewe nie.

Die ware benadering tot die lewe, die regte aanpak van alles wat my te doen staan, lê daarin dat ek dit nie in eie krag moet probeer doen nie. Juis waar my verhouding tot die Here reg is, of herstel is na sonde soos hier by die Israeliete, moet ek deurlopend op Sy hulp staatmaak.

Let op die versekering in Josua 8:1: “Ek gee die koning van Ai, sy volk, sy stad, sy land nou aan jou oor”. Die Here tree op en help sy volk, gee selfs raad oor hoe daar opgetree moet word (Josua 8:2). Dié versekering kry Josua ook in vers 18.

Dis dié gesindheid waarin 'n mens jou lewe moet inrig: steun op die Here, volg sy raad, doen wat Hy verwag en vertrou die uitkoms van alles in sy goeie Vaderhand. Werk saam met Hom, in die krag wat Hy gee.

Gebed: Leer ons om meer op U te vertrou, Here!

************************

Prof AH van Zyl (Uit die Beek)*
*Met vriendelike samewerking van Lux Verbi. Lux Verbi se boeke is by alle goeie boekhandelaars, landwyd beskikbaar . Kan ook bestel word by www.luxverbi.co.za of deur 0861 668 368 te skakel.

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css