Die Eldopark-landgoed (in Eldoraigne) bied vir jou 'n veilge en onbesorgde leefstyl in Centurion.
Dit is loopafstand van sowel Afrikaanse as Engelse skole.
Hier speel die kinders nog in die strate en die parke na sononder.

Huis te koop in Eldopark, Centurion

 

Vooraansig 1

Vooraansig van woning.
Lae onderhoud huis van siersteen met alluminium vensters..
Aan die regterkant is daar twee motorhuise.
Die derde motorhuis is skuins agter die huis by die onthaalarea.
 
Vooraansig nr 2

Nog 'n aansig van die voorkant.
     
Ingang en sitkamer

Ingang na die woning
Links is die sitkamer.

  Kombuis en eetkamer

'n Deel van die kombuis met die eetkamer in die agtergrond
     
Kombuis

Die kombuis met opwas in die agtergrond
  Eetkamer

Eetkamer vanuit die kombuis gesien
     
Gang

Gang na die slaapkamers en badkamers
  Slaapkamer 3

Slaapkamer nr 3 met dakwaaier.
Genoeg plek vir twee beddens en ekstra's
Ingeboude kaste.
     
Slaapkamer nr 2

Slaapkamer nr 2. Dieselfde grootte as slaapkamer 3.
Word tans gebruik as 'n musiek en naaldwerkkamer.
     
Badkamer en toilet

Badkamer en toilet.
Die badkamer het 'n bad, wasbak  en stort.
  Privaat tuin van hoofslaapkamer

Uitsig vanuit die hoofslaapkamer op sy privaat tuintjie.
     
Hoofslaapkamer

Die hoofslaapkamer met ingeboude kaste aan die regterkant.
Twee vensters en 'n deur na die tuin.
  Hoofslaapkamer en badkamer

Die ander aansig van die hoofslaapkamer met sy
en suite badkamer.
Verdere ingeboude kaste aan die regterkant.
     
Hoof badkamer

Die hoofslaapkamer se badkamer.
Daar is ook 'n ingeboude kas en stort in die badkamer.
     
Trap

Op met die gemaklike trap
Trap van bo

Sitkamer van bo gesien.
  Privaat sitkamer

Privaat sitkamer. Die studeerkamer is aan die regterkant.
Aanvanklik was dit twee aparte vertrekke.
 Daarna was dit 'n studio. Nou is dit een groot vertrek wat
hom leen vir baie moontlikhede. Dit het 'n pragtige uitsig!
     
Studeerkamer

Studeerkamer met 'n rustige uitsig
oor 'n boomryke omgewing.
  Balkon 1

Uitsig vanaf die balkon
     
Balkon 2

Verdere uitsig vanaf die balkon
  Agterplaas

Agterplaas. Links is die hoofgebou. Regs is onthaalarea.
     
Agterplaas 2

Agterplaas vanuit die onthaalarea gesien.
  Agterplaas vanuit onthaalarea

Agterplaas vanuit die onthaalarea. Die twee glasdeure
in die agtergrond lei na die eetkamer.
     
Onthaal area

Onthaalarea van buite gesien.
Links is 'n privaat kletskamer
en regs is die 3de motorhuis.
  Onthaal

Onthaalarea met ingeboude braaier.
As 'n mens omdraai is daar 'n privaat kletskamer agter jou.
     
Privaat kletskamer

Deel van die onthaalarea is 'n privaat kletskamer.
Dit word tans as stoorplek gebruik.
Met 'n bietjie ekstra koste kan dit
in 'n vierde slaapkamer omskep word vir
'n tienderjarige wat nie in die huis wil slaap nie.
     
     
Park 1

Eldopark het groot speelparke.
Omdat Eldopark so 'n veilige plek is om te woon word dit
veral in die warm someraande deur die kinders benut
om bal te skop of wegkruipertjie te speel
  Park 2

Daar is ook 'n boendoegym met swaaie vir die
kleingoed.
     
Park 3

Eldopark bied 'n veilige tuiste vir jou kinders
     

Skakel Lukas by 079 109 4553 of 012 658 5060